Rooilensiesop
2007-05-18- Course: Ligte Maal
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(3 / 5)
1 People rated this recipe
3,342Related Recipes:
Rooilensiesop
60 ml botter
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
15 ml koljander
10 ml fyn kaneel
5 ml borrie
5 ml fyn komyn
2 ml rooipeper
200 g rooilensies, gewas
1,5 liter hoenderaftreksel
30 ml tamatiepasta
15 ml suurlemoensap
Verhit die botter en soteer die ui en die knoffel daarin tot sag. Voeg die speserye by en roerbraai vir 1 minuut. Voeg die lensies, aftreksel en tamatiepasta by. Verhit die mengsel tot kookpunt en laat dit prut vir 30 minute lank totdat die lensies sag is. Voeg die suurlemoensap by en dien dit dadelik op.