Opregte Malva Poeding

2014-02-03
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 31
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

31 People rated this recipe

22,055
Related Recipes:
  • Traditionele Melksnysels

  • Japtrap Biltong

  • Oondgebakte Skaapkop

  • Kaiings met Mieliepap

  • Stampmielies en Bone met Spek

Daar is baie resepte vir Malva poeding wat nie brandewyn in die sous bevat nie. As daar nie brandewyn in die sous is nie kan mens dit nie Malva poeding noem nie.

So hiermee volg n resep vir opregte Malva Poeding!

Malva Poeding

1 eier
1 koppie meel
1 tee lepel bakpoeier
1 t koeksoda
1/2 koppie melk
1/2 koppie room
3/4 k suiker
1 e appelkoos konfyt
1 el bruin drywe asyn

-Meng al bogenoemde bestandele
-Gooi in geboterde pan
-Bak teen 180 vir 40min

Sous:

1 1/2 koppie melk (of 1/2 melk 1/2 room)
1/2 koppie suiker. minder soet gebruik (1/4 koppie suiker)
1/2 k botter
1/4 koppie Klipdrift brandewyn
1 t vanieije geursel

Sit boghenoemde in kastrol en verhit tot botter smelt

Gooi sous oor poeding as dit uit oond kom en nog warm is, laat sous intrek.

Bedien met vla

Bak teen 180 vir 40min

As jy die resep te soet vind kan jy minder suiker in die resep gebruik na jou persoonlike smaak.

 

Via Pieter Bok Lombard 

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!