Loader

Mikrogolf Melktert

2014-11-02
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.2 / 5)

4.2 5 17
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

17 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

Krummelkors
200 g beskuitjies (Tennis-, Marie- of Eat Sum-Mor)
55 ml sagte botter
pypkaneel

Vulsel:
1 liter melk
30 ml botter
60 ml koekmeelblom
60 ml mielieblom
15 ml vlapoeier
120 g (150 ml) suiker
knippie sout
3 eiers, geskei
5 ml vanieljegeursel
125 ml addisionele melk

* kaneel

Smeer ’n diep tertbak (24–26 cm) met botter.
Verwerk die beskuitjies, botter en kaneel saam tot krummels of plaas die beskuitjies in ’n plastieksak, druk fyn met ’n koekroller en meng dit met die botter en kaneel.
Druk dit op die bodem en teen die rand van die tertbak vas en verkoel dit terwyl die vulsel gemaak word.

Mikrogolf die melk vir 4 minute en voeg die botter by. Meng die droë bestanddele, eiergele, vanieljegeursel en oorblywende melk en roer dit by. Mikrogolf dit op hoog vir 3 minute en klits goed met ’n draadklitser. Mikrogolf en klits dit met eenminuut-tussenposes tot glad en verdik.

Recipe Type: Ingredients:

Comments (3)

  1. posted by Anita on November 14, 2014

    Hoegemaak na dat die vulsel gereed is? Giet oor die kors, strooi kanneel en mikrogolf weer op hoeveel vir hoelank?

    • posted by JPetro on November 14, 2014

      Giet in tertkors van jou keuse, koekies fyngemaal met botter of ‘n heerlike broskors … geniet Anita !

  2. posted by Ansie Gray on September 23, 2015

    Jul resepte lyk vinnig en baie maklik.
    Probeer altyd ‘n nuwe een uit. Baie dankie

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!