MACARONI & KAAS (a’ la’ Anne)

2008-07-17
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 4
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

4 People rated this recipe

2,106
Related Recipes:
  • “Sloppy Joe” Boepensies

  • Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

  • Kool en Bully Beef Roerbraai

  • Pasta met Hoender en Sampioen Gebak

  • Lamsvleis Breyani

MACARONI – 1599, Suide van Italie. dialek maccaroni (It. maccheroni), meervoud van *maccarone, moontlik van maccare “kneus, maal” van onbekende bron, of van ou Grieks. makaria “kos van gars gemaak.”

BESTANDDELE

500 ml macaroni
1 groot ui
1 groen rissie [greenpepper]
250 gr spek stukkies
1 groot tamatie
1 eier
5 – 10 ml knoffel
5 ml suiker
5 ml origanum
5 ml pietersielie
2 x 250 ml gerasperde kaas
4 x 250 ml witsous
sout & peper na smaak

METODE

1. Kook macaroni en dreineer.
2. Maak witsous en gooi macaroni, eier en 375 ml kaas by.
3. Kap ui en soetrissie, braai en gooi by nr. 2
4. Braai spek en gooi by nr. 2.
5. Voeg die res van die bestanddele by en plaas in bak. Strooi orige 125 ml kaas oor .
6. Bak tot mooi goudbruin bo-op, vir ongeveer ½ uur by 180º.
7. Bedien met knoffelbrood en/of gemengde slaai. Genoeg vir ongeveer 6 mense.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!