“Sloppy Joe” Boepensies
2020-06-29Average Member Rating
(4 / 5)
10 People rated this recipe
5,117Related Recipes:
Naweek kos? …of sommer om daai Maandag Blues te verwilder……..trooskos vir seker! Wat is dan nou lekkerder as ‘n tuisgebakte vetkoek, ‘n vulsel van ouds!
800g beesmaalvleis
100 ml kookolie
1 groot ui – gekap
1 groen soetrissie, gekap
1 rooi soetrissie
2 knoffeltoontjies, gekneus en gekap
halwe teelp kerriepoeier
3ml tiemie
1 el appelkooskonfyt
2 el tamatiesous
2 el tamatiepuree
1 tl asyn
1 tl bruinsuiker
sout en swartpeper na smaak
kookwater
Vir opdien:
Vetkoek
Gerasperde kaas
Wellingtons “Sweet chillie”-sous
*opsioneel opgekerfde brand groenrissies
In ‘n lekker swaarboom pot, verhit die olie
Braai die ui tot deurskynend en sag, voeg die tiemie, knoffel en soetrissie by, roerbraai vinnig
Voeg kerriepoeier en asyn by terwyl jy aanhou roer
Voeg die maalvleis by en roerbraai tot goudbruin, voeg bietjie kookwater by indien benodig
Voeg nou by terwyl jy goed roer: appelkooskonfyt, bruinsuiker, tamatiesous en tamatiepuree
Geur na smaak, voeg nou kookwater by vir verlangde dikte van jou sous
Hou dop en laat prut stadig vir 20 minute
Laat effe afkoel voor jy jou vetkoek lekker stop, “Sweet Chillie”-sous oorgee, gekerfde brandrissie vir die wat hou van ‘n ekstra byt en afgerond met ‘n handvol gerasperde kaas
Geniet !