Monster Koekie Roomys
2017-02-22- Course: Nagereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.5 / 5)
4 People rated this recipe
Related Recipes:
Vir oud en jonk, almal gaan mal wees hieroor !
.
1 lt vars room (yskoud verkieslik oornag in yskas)
1 blik volroom kondensmelk
1 el vanilla essence
½ tl blou kos kleursel (kyk of jy meer donkerder sou verkies, voeg nog paar druppels by)
1 pakkie oreo koekies – grof gekap
1 pakkie tennis beskuitjies – grof gekap
In lekker groot mengbak giet jou room in, voeg kleursel en vanilla by
Op jou elektriese klitser se hoogste spoed; klop room tot styf en dubbel die volume, moet lekker fluffy wees
Vou die kondensmelk in, voeg gekapte koekies by en meng mooi deur, maar nie te veel karring nie
Skep in 2 lt houer, seel goed.
Vries 6 – 8 ure, laat staan buite vrieskas vir 10 minute voor opdien