Loader

Kerrie-Sosaties

2014-07-04
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.1 / 5)

4.1 5 55
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

55 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Lewer op n stokkie

  • Tamatie Bredie

  • Snoek Koningskos oor die kole

Kerrie-Sosaties ~ die beste sosaties wat jy ooit sal eet

1,5 kg lamsboud / of steak / of hoenderborsies – met velletjie – in blokkies gesny (so 4 by 4 cm groot)
varkspek – dun skyfies ( 5 mm), in dieselfde grootte blokkies gesny
Meng bogenoemde vleis en spek met die volgende:

5 ml roosmaryn, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekerf
4 gekneusde suurlemoenblare
10 ml sout
2,5 ml fyn gemmer
5 ml grofgemaalde swartpeper
10 ml heel koljander, fyngemaal
gerasperde skil van 1 suurlemoen
125 ml melk
Sit vleismengsel in ‘n bak of skottel en laat staan oornag.

Marinade

3 uie, in skywe gesny
125 ml bruin asyn
125 ml water
100 ml suiker
5 ml sout
45 ml appelkooskonfyt
45 ml blatjang van jou keuse
15 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie

Meng bestanddele en kook vir 5 minute
Laat afkoel en gooi sous oor vleismengsel.
Marineer vir minstens 8 ure. tot 3 dae
Roer af en toe.
Laat lê sosatiestokkies in water.
Ryg nou stukkies vleis, spek en rou ui om die beurt op die stokkie.
Nou is dit gereed vir braai. Drup van die marinade oor terwyl jy braai

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!