Heilsame Bruinbrood:
2014-09-25- Cuisine: Boerekos Resepte
Average Member Rating
(4.3 / 5)
7 People rated this recipe
3,726Related Recipes:
DAAGLIKSE BROODJIE ~ Heilsame Bruinbrood:
600ml Witbroodmeel
550ml Volkoringmeel
600ml Bruinbroodmeel
1x10g Kitsgis
1 tl sout
500-750ml Warm Water
Voorverhit oond na 200 C
Meng die meel, gis en sout in ‘n lekker groot mengbak
Maak ‘n holte in die middel van die meel
Voeg 500ml van die water by.
Meng met ‘n lepel tot stywe deeg vorm, as die deeg te styf is, kan nog bietjie water bygevoeg word
Knie deeg op ‘n meel bestroode oppervlak. Knie tot mooi glad en elasties, so 10 min
Deel die deeg in 2 balle, en vorm langwerpig
Plaas in 2 gesmeerde broodpanne
Bedek met plastieksak,maak toe met kombersie en laat op warm plek rys tot dubbele grootte
Bak voorverhitte oond By 200 Ct 60 min. tot gaar en goudbruin
Klop op die broodjie, as dit hol klink is hy gaar
Laat afkoel in pannetjie voor jy brood uitdop uit panne
Geniet !!