Heerlike Winters Potpoeding

2014-06-18
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.1 / 5)

4.1 5 13
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

13 People rated this recipe

4,286
Related Recipes:
  • Wortel & Vanilla Sponspoeding

  • Koffie & Cream Malvapoeding

  • Kondensmelk Suurlemoen Yskastert

  • Traditionele Melksnysels

  • “Jam Donuts” – Oliebolle

Reg in ‘n halfuur ~ dan kan jy smul

1/2 k botter ~ gesmelt
3/4 k appelkooskonfyt
2 tl koeksoda
2 k koekmeel
1 el bruin asyn
1 tl fyn pypkaneel
mespunt sout
bietjie melk

Stroop
1 t gemaalde fyn gemmer
1 kop bruin suiker
4 k water
1/2 kop botter
gerasperde suurlemoen skil
1 el suurlemoensap

Stroop:
* In lekker groot kastrol wat goed kan seel, gooi al die stroop bestanddele
Bring tot kookpunt, kook tot suiker opgelos is, hou aan roer

Beslag:
In ‘n ander kastrol, smelt margarien
In lekker groot mengbak ,gooi koekmeel, koeksoda, kaneel,mespunt sout, konfyt , asyn,
koeksoda en gooi gesmelte botter by, meng alles saam met bietjie melk tot stywe beslag,
Bring jou stroop tot kookpunt en dompel eetlepels vol jou stroop.
Plaas deksel op, draai hitte tot op laagste stelling
Prut vir 10 min, moenie deksel oplig nie !!
Verwyder van plaat, laat staan vir 15 min, maak dan eers deksel oop.

*Sit voor met room of lekker dik tuisgemaakte vla

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!