Heerlike Koffietert

2014-04-24
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 4
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

4 People rated this recipe

4,144
Related Recipes:
  • Bobaas Melktert met Smeerkors

  • Sjokolade Karamel Koek met Oemf !

  • Muesli Crunchies

  • Permantige Sjokoladekoek

  • Granadilla Pynappel Yskastert

Kors:
4 eiers
250ml suiker
30ml botter
125ml melk
250ml meel
10ml bakpoeier
2.5ml sout
5ml kits koffie poeier

Stroop:
250ml water
180ml suiker
30ml kitskoffiepoeier
5ml vanielje geursel

Vulsel:
1 blik karamel
1 pakkie karamel kitspoeding
250ml melk
250ml room
melksjokolade krulle

Kors:
Voorverhit die oond tot 180C.
Klits eiers en suiker tot lig en romerig.
Smelt botter en voeg melk by.
Sif droe bestanddele saam en klits by eiermengsel.
Voeg bottermengsel by en meng goed.
Voer die bodem van n tertbak uit met die kors.
Bak vir sowat 15 minute.

Stroop:
Verhit al die bestanddele behalwe die vanieljegeursel in n kastrol oor matige hitte en roer totdat die suiker opgelos is.
Bring tot kookpunt en laat vir 5 minute prut.
Voeg vanieljegeursel by stroop.
Giet versigtig oor kors sodra dit uit die oond kom.
Laat afkoel.

Vulsel:
Klop karamel liggies met n vurk en smeer oor die kors.
Maak kitspoeding aan met melk.
Klop room styf en vou in.
Skep oor karamel.
Versier met sjokolade krulle en plaas in yskas tot gestol

*Judith Vermaak via Facebook Boerekos Kookengeniet *

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!