Loader

Chefsharkie se Kalkoenpotjie

2016-11-22
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 4
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

4 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Beesstertpotjie

  • Lui Lekker Lamspotjie

  • Peri Peri Hoenderlewertjies in die Potjie

  • Dubbel Sjokolade Potjie Poeding

  • Flippen Lekker Wildsvleis-Potjie

Heerlike alternatief vir ‘n potjie, Hierdie resep kan ook op die stoof gemaak word.Die kalkoen kan ook vervang word met hoenderdye of met haasvleis.

 

250 ml koekmeelblom
5 ml sout
5 ml swartpeper
5 ml gemengde, gedroogde kruie
1.5 kg kalkoen dye en boudjies, gesny in skywe
75 ml olyfolie
3 heel knoffelhuisies
6 takkies vars roosmaryn of 10 ml gedroogde roosmaryn
500 ml witwyn
50 ml brandewyn
2 groot uie, fyn gekap
1 en ‘n half groen soetrissie, fyn gekap
250 ml spekvleis, gesnipper
5 ml gekapte knoffel
1 hoenderaftreksel blokkie
125 ml warm water
30 ml suurlemoensap
1 pak ontpitte groen olywe, gesny
410 g gekapte tamaties met oreganum en basielkruid (1 blikkie)
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
125 ml vars, gekapte pietersielie
Nou so gemaak::
Meng die koekmeelblom, sout, peper en kruie saam en bedek die kalkoen porsies daarmee.

Verhit die olyfolie en voeg die knoffelhuisies by asook die helfte van die roosmaryn.

Verbruin die vleis en haal dit uit. Giet die witwyn en die brandewyn in die pot.

Voeg die gekapte ui, soetrissie en spekvleis by en soteer dit 3 minute lank.

Voeg die gekapte knoffel by en roer dit deur. Voeg die vleis by.

Los die aftrekselblokkie in die warm water op en voeg dit by.

Voeg die suurlemoensap by. Plaas die deksel op en laat dit prut vir 30 minute lank.

Voeg die olywe, tamaties, sout en vars gemaalde swartpeper by.

Voeg die res van die roosmaryn by, plaas die deksel op en prut vir ‘n verdere 40 minute lank.

Strooi die pietersielie oor en bedien met pasta of kapokaartappels.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!