Loader

Boeuf bourguignon

2013-06-27
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Trooskos vir winter…
Jy het nodig:

1,5 kg dikrib-beesvleis
1 bottel rooiwyn (gebruik ‘n pinotage of cabernet sauvignon)
4 knoffelhuisies, fyngekap vars tiemie, pietersielie
70 g botter
1 ui, fyngekap
2 wortels, in lang stukke gesny
2 eetlepels koekmeel
250 g repie-spek, in blokkies gesny
300 g klein uitjies
250 g klein wit sampioene
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

So gemaak:

Sny die beesvleis in blokke. Plaas die vleis, wyn, knoffel en bouquet garni in ’n groot bak. Bedek met kleefplastiek en marineer oornag in yskas.
Voorverhit die oond tot 160 °C.

Haal die vleis uit die marinade en droog af met kombuispapier. Verhit die helfte van die botter in ’n groot kasserol. Voeg die ui, wortel en bouquet garni by en braai vir sowat 10 minute. Haal van die hitte af. Smelt die res van die botter in ’n groot pan. Braai die vleis (nie alles gelyk nie) tot bruin – dit sal sowat 5 minute op ’n slag wees. Voeg nou die vleis in die kasserol saam met die wortel en uie. Gooi die wyn-marinade in die pan waarin jy die vleis gebraai het, en laat kook vir so 30 sekondes.
Sit die kasserol terug op die plaat en sprinkel die meel oor die groente en vleis. Roer tot die vleis goed met meel bedek is. Gooi nou die wynmarinade oor en bring tot kookpunt. Roer gedurig. Plaas die kasserol in die oond vir 2 uur.
Smelt ’n eetlepel botter in ’n pan en braai die klein uitjies en spek vir sowat 10 minute. Voeg sampioene by en braai nog 3 minute. Voeg by kasserol en sit terug in die oond vir nog 30 minute. Sit voor met ’n Franse brood.
.
.

Recipe Type: Tags: , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!