Boerie Burger Oor Die Kole:
2013-06-27- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Braaigeregte
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.8 / 5)
5 People rated this recipe
2,086Related Recipes:
Iets anders vir die braaivleis vuur…!
Jy het nodig:
+ – 1 kg beesmaalvleis (beste gehalte wat jy kan kry
(1 t) fyn kaneel;
1 groot uie, fyn gekap
5 knoffelhuisies, fyn gekneus
(1 e) fyn koljander
(1 t) vars gemmer, gerasper
(3 e) pietersielie, fyn gekap;
sout
gemaalde swartpeper
1 groot eier – geklits
So gemaak:
Meng al die speserye saam met maalvleis..sout en peper.
Voeg knoffel, gerasperde ui by, en geklitste eier
Meng goed deur, vorm bolletjies, druk dan plat, kompakteer met stuk “clingwrap” oor die pattie om soveel moontlik lug uit te druk. vorm mooi, druk plat vir “patties”
Sit in die yskas vir minstens 2 ure, patties moet lekker koud wees
Braai oor matige kole, moenie te gou omdraai nie… jy kan die pattie “baste” met jou gunsteling braai marinade, nadat dit omgedraai word.. Bou nou jou Hamburger rolletjies soos jy verkies… blaarslaai, gerkins, tamatie, uie, miskien kaas , of terwyk jy besig is om te braai, pynappel skywe rooster… walla Boerie Burger……. … en gesondheid…!!
.