Loader

Verleidelike Oreo-Broodpoeding

2013-06-27
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Waatlemoen Kersfees Koek

Broodpoeding met ‘n verleidelike twist….

10 snye dik witbrood
1 pakkie oreo koekies geskei – Getwist van mekaar af
3 eetl Nutella
100 g pekanneute, gekap
200 g donkersjokolade, in stukkies gebreek
200 ml melk
200 ml room
100 ml kondensmelk
80 g botter (nie margarien nie)
3 jumbo-eiers
145 ml suiker
175 ml brandewyn

Verhit oond tot 180°C

So gemaak:
Sny die broodkorsies af, smeer die snye met sjokoladesmeer en sprinkel neute oor. Sny in driehoeke.
Twist koekies in 2 dele.
Plaas sjokolade, melk, kondensmelk, room en botter in kastrol en verhit baie stadig en roer aanhoudend tot alles gesmelt is. Klits eiers, suiker en brandewyn goed saam tot dik.
Meng nou alles saam.
Smeer ’n oondvaste bak van sowat 22 x 25 cm.
Gooi van sjokolademengsel in die bak. Pak die helfte van die gesmeerde broodjies & koekies op die mengsel. Herhaal die lae. Gooi die laaste van die sjokolade mengsel bo-oor en druk met agterkant van ’n lepel sodat alles toe is onder die sjokoladesous. Bedek met kleefplastiek en laat staan in yskas vir 6 ure mins.
Verhit oond tot 180°C en bak vir 30 – 35 minute tot ’n korsie aan die buitekant gevorm het en die binnekant nog klam is. Laat bietjie rus, bedien met skeppie roomys of styfgeklopte room.

.

Recipe Type: Tags: , , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!