Rissieblatjang
2014-05-19- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Preserveer
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(5 / 5)
2 People rated this recipe
Related Recipes:
Hy byt lekker…!!
4 medium uie – fyn gekap
10 knoffelhuisies – fyn gekap
2 tl matige kerriepoeier
1 tl mosterdpoeier
500 ml opgesnyde rooi en groen brandrissies
10 pepperdews – fyn opgekap
1 tl gemmer poeier
1 kop goeie gehalte bruin asyn
tl gemengde kruie van jou keuse
3 koppies appelkooskonfyt of perskekonfyt (die stukke)
knyp sout
bietjie kookolie – vir braai
Soteer uie en knoffel tot deurskynend en meng dan rissies by, braai so bietjie , gooi die bruin asyn by en kook 5 minute lank.
Voeg nou res van die bestanddele by,roer mooi deur bring tot kookpunt, draai hitte af tot laagste stelling.
Prut stadig deur gereeld te roer, kook halfuur lank tot lekker dik raak.
Bottel warm en verseël dadelik.
Comments (2)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by shirene on June 26, 2015
HEY DAAR VIR HOE LANK KAN HIERDIE RISSIE BLATJANG GEBERE WORD ?
posted by Boerekos on June 26, 2015
In die yskas tot 3 maande, geniet !!