Hoender Herderspastei

2016-11-15
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

‘n Gereg  uit eie bodem, smul lekker randrekker !
.
1 groot ui – fyn opgekap
1 pakkie sampioene, gewas en grof opgekap
30 ml olie
6 hoenderborsies in blokkies gesny
2 blokkies hoenderaftreksel, opgelos in 250 ml kookwater
100 ml soet wit wyn
1 tl gemengde kruie
2 el tamatiepuree
1 kop bevrore ertjies (ontdooi)
3 tl mielieblom

Bolaag
1kg aartappels
125 ml room
3 el botter
sout en peper na smaak

Voorverhit oond 200 C

Maak olie warm, braai uie in tot geurig.
Voeg hoender blokkies , opgekapte sampioene en kruie by, braai tot hoender mooi goudbruin kleur is
Voeg nou hoenderaftreksel, wyn en tamatiepuree by, roer deur, sit deksel op en prut stadig tot hoender lekker sag gekook is , voeg ertjies by en roer deur
Meng mielieblom met halwe koppie kouwater, roer dit by hoender in en laat prut tot sous dik word
Skep in oondvaste skottel

Bolaag
Kook aartappels lekker sag, dreineer water, voeg room, botter, sout en peper na smaak en druk fyn
Versprei eweredig bo-oor die hoendermengsel en bak tot bolaag goudbruin is

Laat 15 min afkoel voor opdien. Sit voor met groenslaai, beet en vars broodrolletjies

 

Gemiddelde Gradeering

(4.7 / 5)

4.7 5 12
Gradeer hierdie resep

12 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Peri Peri Hoenderlewertjies in die Potjie

  • Klewerige Prego Hoender

  • Prego Hoender Kebabs

  • Heel Hoender “flattie” oor die kole

  • Cola Hoenderrepies op rolletjies

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!