Loader

Die lekkerste karringmelkbeskuit

2014-11-02
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.7 / 5)

3.7 5 92
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

92 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Gesondheidsbeskuit

  • Karringmelk Beskuit

  • Lekker Maklike Ontbyt Beskuit

  • Lennon’s Hoesstroop

  • Oudtydse Boerbeskuit

KOM ONS BAK – die lekkerste karringmelkbeskuit ooit !!

1 kg bruismeel
5 ml bakpoeier
5 ml sout
5–10 ml anyssaad (opsioneel)
200 g (250 ml) suiker (of tot 300 g vir diegene wat
beskuit nogal soet verkies)
250 g (280 ml) botter

*Kies net een of maak ’n mengsel wat altesaam
250 ml is:
± 250 ml fyn klapper
of
± 250 ml High Bulk- of All Bran-vlokkies
of
± 250 ml gemengde saad en grofgekapte neute
of
250 ml geroosterde muesli*

375 ml karringmelk
125 ml suurroom of addisionele karringmelk
2 eiers
Om af te rond (opsioneel)
30 ml gereserveerde eiermengsel
30 ml sesamsaad

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n diep oondpan (± 35 x 25 x 6 cm) of 2 broodpanne (28 x 12 x 8 cm) kwistig met botter.
Strooi sesamsaad liggies oor die bodem van die pan. Vryf die droë bestanddele en botter saam tot krummelrig.
Voeg die opsionele bestanddele by en maak ’n holte in die middel. Meng die karringmelk, suurroom en eiers goed saam en hou 30 ml om die beskuit te glaseer.
Voeg die res by die meelmengsel en meng tot ’n matig-sagte deeg. Keer uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie liggies tot ’n mooi egalige deeg vorm.
Knyp balletjies af en rol dit tussen die handpalms om effe ovaalvormige beskuite te maak. Pak die beskuitjies
regop en teen mekaar in die panne en verf met glaseersel. Strooi sesamsaad oor.
Bak ongeveer 35 minute of totdat die bokant liggoudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom.
Indien die beskuit te gou verbruin, draai die oond af na 160 °C en bedek dit lossies met foelie om verdere verbruining te voorkom. Laat vir 5 minute in die panne staan, keer uit op ’n afkoelrak en laat dit heeltemal afkoel. Breek die beskuite los van mekaar met
behulp van ’n vurk.
Stel die oond op 60 °C en laat die beskuit vir 5–6 uur uitdroog. Plaas ’n lepel in die oonddeur om dit effens oop te hou sodat die vog kan ontsnap. Laat afkoel
en bewaar in lugdigte houers.

Recipe Type: Ingredients:

Comments (3)

  1. posted by Jacques on October 15, 2015

    toets

  2. posted by Pennie on November 30, 2016

    Hoekom is dit so moeilik om resepte van hierdie blad te bewaar — vertel hoe mens dit doen asseblief

    • posted by Boerekos on December 1, 2016

      Hallo Pennie, Onderaan elke resep is ‘n opsie waarop jy kan klik om te print, share op facebook ens,Hoop jy kom reg !

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!