Loader

Beef Kerrie en Samp

2014-01-07
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.6 / 5)

4.6 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

Die bakpoeier maak die vleis sa enige taai vleis word sag met dit. Jinne mense ek meet mos nie ek skat mos soos ek ken met die oog en hand maar ja hier is die resep.

800gr na 1kg Beef blokkies vleis (Goulash)
Een lekker Groot ui of 2 kleines.
4 Ertappels in blokkies gesny.
So koppie vol wortelringe of blokkies
Green red en yellow peppers so kwart van elk opgekerf
Seldery stingel en blaar so handvol opgekerf

Ek spoel mos allie vleis af voor gaarmaak so as dit klaar gespoel is sit in vergietes en gooi so 3 teelepels bakpoeier oorie vleis en werk deur met jou se hande… sit eenkant en begin met die res.
Kerf die uie en die groente en sit in bakkies vir later bygooi.
Ok Sit so entjie kook olie innie pan (Ek gebruik my elektriek braaipan werk erg lekker.) en soteer die uie tot deurskynend… gooi so teelepel suiker oor en braai tot so lekker caramel.. sit die hitte eers sagter en voeg nou by so (ja ek seg maar na smaak want almal hou nie van ewe sterk of flou nie..) entjie Steak en Chops spice….So 2 teelepel Kerrie poeier ek gebruik sommer die hot een..so 4 teelepels Borrie…so 50ml Asyn of Woestersous is jou se keuse…en as jy dit sterk soek so teelepel en half lekker Masala….maar dit is opsioneel. Sit die hitte terug en braai so vir 2 minute gooi n koppie water by en simmer vir so 8 minute as die water min is gooi nog bietjie by nou gooi jy die vleis in en sit op hoog dat dit kan lekker saam kuier. Simmereer tot die vleis so amper lekker sag is en gooi dan die ertappels ennie wortels by en nog so entjie water as dit nodig is,en net so 15 min voor alles reg is gooi die seldery en die peppers in en laat op sagte hitte simereer tot gaar as die sous te waterig is maak dik met so entjie mazina in water opgelos of so entjie sop poeier.
Die Samp word sommer net gewoonweg gekook.
Geniet.

*Rolene Van Loggerenberg via Boerekos Kookengeniet*

Recipe Type: Tags: , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!