Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, Mei 23 2013 @ 05:06 VM CDT
Vertoon Drukbare Weergawe

Ouma se skoenboks krismiskoek



Die reseppie baie diep uit ouma Baby se boeke uitgekrap....en dekades 'n wenner in die familie geskiedenis, tot vandag toe en ja .....dis weer sulke tyd…kersfees loer oor ons skouers.. hierdie reseppie is twee jaar terug geplaas op boerekos en graag wil ons dit weer deel met almal wat daai spesiale kersfees vrugtekoek wil bak… maar tog met soveel prêt…!!

Bak nou, anders sit jy droemond Kersfees.... onthou, n Krismiskoek moet gevoer word met die beste brandewyn tot jou beskikking.

Die Groot Geheim is die goeie bestanddele . Koop die beste vrugte wat jy in die hande kan kry.


My Dierbare vriendin Petuniaflower, het hom so stap vir stap uit probeer, met suksesvolle resultaat, en haar pragtige fotos met ons ge-deel, die skoenboks krismiskoek .....


Bestanddele:

500g botter
500ml suiker
8 extra groot eiers
10ml fyn gemmer
10ml gemengde speserye
10ml koeksoda
10ml bakpoeier
4ml sout
4k koekmeel
125 ml pynappel / gemmer / waatlemoenkonfyt
1.5 kg Vrugte (Koekmengsel )
500 g Verglansde Vye, Pynappel, Gemmer, Sitroenskil, Ekstra Kersies.
2 k Pekan Neute of Okkerneute. - Kap alles op, rowwe stukke.
250 ml Goeie Brandewyn

Metode

Voer 2 skoenebokse met waspapier uit en smeer.
Sit oond solank op 150grade c

Room botter. Klop suiker geleidelik bly, totdat mengsel lig en romerig is.
Roer eiers een vir een by
Sif die droe bestanddele en vryf die vrugte in die meelmengsel in sodat alle stukkies mooi los is en met meel bedek is. Meng alles bymekaar.
Skep in skoenebokse en sit deksels op.
Bak vir een uur by 150 grade c
Bak dan vir nog 2 uur by 140grade c

Die mengsel:
.

.

In die oond:


Goud bruin gebak, nie eens gebrand nie
.

.

Besprinkel met brandewyn, toegedraai in foelie..... laat rus om ryp te word.....


onthou dis baie belangrik om elke 3de dag die koek oop te maak en besprinkel met brandewyn. Draai weer mooi toe met foelie
.

.

......en walla krismiskoek uit 'n skoenboks


Vertoon Drukbare Weergawe

Biltong Happies

SOUTKOEKIES VIR BILTONGHAPPIES

250ml (1 k) koekmeelblom
2.5ml (½ t) sout
1ml (¼ t) peper
'n knippie rooipeper
15ml (1 e ) botter of margarien
125ml (½ k) gerasperde kaas
Koue yskaswater om deeg aan te maak

Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF)
Sif droë bestanddele saam. Vryf botter met vingerpunte in. Voeg gerasperde kaas by en meng tot sagte deeg.
Rol deeg dun uit op 'n meelbestrooide oppervlak. Druk klein ronde sirkels uit en prik met 'n vurk.
Bak 7 tot 10 min lank
Gebruik dit as basis vir die biltonghappies

Fyn Biltong

Plak twee koekies opmekaar met sagte marmite of bovril botter

Smeer buitekant ook met sagte botter marmite of bovril botter en bedek met fyn biltong

Dis tydsaam maar baie lekker :-)
Vertoon Drukbare Weergawe

Spek en Kersie Kebabs


Benodighede:


1 Kop heuning
1/4 kop soya sous
glanseerde kersies..( kan vir 4 ure in brandewyn/whiskey laat le week voor jy hom op sosatie gebruik)
paar pakkies lang  repies spek

So gemaak:

Ryg die spek en kersies beurtelings soos 'n korsentina, op die sosatie stokkie. Sit al die sosaties in 'n bak, meng heuning en soya goed saam,
Gooi oor sosaties, .Kan dadelik gebruik word, of laat dit 'n paar uur of oornag staan. Oor stadig kole en draai gereeld dat hy nie brand nie.   of   bak in gebotterde warm pan tot crispy, bedruip met heuning en soya sous..

Vertoon Drukbare Weergawe

Ria se Katkoppe

Katkoppe - Via Facebook - Ria N. Pieterse - Dis lekker as padkos ook...maar ook warm soos 'n boerepastei met 'n beker boeretroos daarby ..

Vra jou slagter om vir jou varkvleis te maal...of gebruik gelyke dele vark en beesmaalvleis, voeg knippie naeltjies, neut, koljander, sout en peper, oreganum, gekerfde ui..knoffel en tamatie opsioneel daar by in...
Sakkie deeg by  Spar of knie brooddeeg...
Maak los frikkadellebolletjies....deel jou brooddeeg in 8-12 ewe groot dele..
Vou die deeg om 'n vleisfrikkadel en druk toe...laat rys effens...
Pak op gesmeerde bakplaat met voukant onder..mengklits 'n eier en melk...smeer bo.oor
Bak 25-30 min op 180*C tot goudbruin...

.

Vertoon Drukbare Weergawe

Slappap Poffertjies


Baie lekker vir apteit- wekkers voor braaivleis...

Maak 'n  stywe slap pap
1 kop Mieliemeel
3 kop water

Bestanddele:
2 kop Slap pap
2 kop Koekmeel
2 kop Gerasperde kaas
4 teel Bakpoeier
2 eiers

halwe teelp rooipeper (Cayene peper)

kwart teelp mostertpoeier
Knippie sout
aromat

Meng alles saam, behalwe aromat in lekker groot mengbak
Bak lepelsvol in diep warm olie, braai tot goudbruin sit op afkoelrak, sprinkel lekker met aromat

.

Vertoon Drukbare Weergawe

Aartappelsuurdeeg


Aartappelsuurdeeg - Rika Coetzee Bosch -via-facebook

2 medium aartappels
500 ml gekookte water
3 ml aktiewe droë gis of 5 g persgis
125 ml lou water
25 ml suiker
10 ml sout
fles met deksel

Was, skil en rasper die aartappels, gooi kookwater oor en laat afkoel.
Week die gis in die 125 ml lou water.
Meng die suiker, sout en geweekte gis goed met die lou aartappelmengsel, gooi in die fles en skroef toe maar nie styf vas nie.
Maak warm toe en laat vir 6 tot 8 ure lank of oornag op 'n warmerige plek staan. Die suurdeer sal skuimerig word en fles vul of selfs uitloop as die gis baie aktief is. Daarom moet die fles nie dig toegeskroef word nie, want dit kan bars.As dit te lank gelaat word verswak die gis.Afname in volume is teken daarvan.
Hou 250 ml gis in die toe fles vir 'n plantjie. Syg die res deur 'n draadsif as die aartappels grof gerasper is of gebruik net so as dif fyngerasperde aartappels is.
Knie volgens die insuur- of direkte deegmetode.


.

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Opsitkers

Afrikaans Dating

Advertensie

WIE IS AANLYN?

Besoekers: 38

WAT IS NUUT?

ARTIKELS

Geen nuwe artikels

KOMMENTARE laaste 2 dae

Geen nuwe kommentaar

Links laaste 2 weke

No new links

Media Gallery last 7 days

No new media items

RESEPTEBOEKE

Bestel jou Afrikaanse Resepteboeke hier! Klik op 'n Boek om te bestel



Cass Abrahams kook Kaap-Maleis

Maklike maaltye vir babas en kleuters

Smul Sonder Sukkel

Kook 'n Storm Los

Sarie 5

Huisgenoot Top 500 Wenresepte

Die 4x4 Safari kookboek

Klein Kook en Geniet

Kook met Blikkies en Pakkies

Volledige Suid Afrikaanse Kookboek

Potjiekos Wenners

Kook en Geniet