Volstruis Goulash met Port
2010-11-16- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3 / 5)
4 People rated this recipe
Related Recipes:
Meng die volgende bestanddele saam en laat vleis oornag marineer.
1 kg volstruisfilet in blokkies goulash gesny
2 el olyfolie
2 el balsamiekasyn
1 ui, gekap
1 tl roosmaryn
1 tl naeltjies
1 tl neutmuskaat
koppie port
sout en peper, na smaak
So gemaak:
volstuisvleis met die marinade
3 groot el botter
125 g spekvleis, gekap
4 knoffelhuisies, gekneus
1 prei, gekap
500 g sampioene
125 g klein uitjies
60 ml vars room
½ tl naeltjies
sout en peper, na smaak
vars tiemie, gekap na smaak
vars roosmaryn, gekap na smaak
1. Verhit botter in kastrol. Soteer spek en preie daarin.
2. Voeg vleis en marinade by.
3. Voeg al die geurmiddels by en laat stadig prut 2-3 ure
4. Voeg die sampioene en uitjies by kook vir 15 min
5. Voeg room by en kook tot verdik
Bedien dadelik