Slaphakskeentjies

2014-11-05
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.1 / 5)

4.1 5 21
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

21 People rated this recipe

14,801
Related Recipes:
  • Van Kondensmelk tot Karamel

  • Traditionele Melksnysels

  • Japtrap Biltong

  • Maklike Biltong Patee

  • Oondgebakte Skaapkop

 

:
1 kg pickle uitjies mooi geskil
2 teelepels korrel mosterd ( grainy mustard )
1/2 eetlepel maizena
1 teelepel borrie
1 koppie bruin druiweasyn
1/4 koppie koue water
1/2 koppie suiker
1 knippie sout
3 eiers
So gemaak:
Kook uie oor `n medium hitte tot gaar in water met bietjie sout maar verhoed dat dit uitmekaar kook. gooi water af en staan op `n rakkie om af te koel.
Gooi die mosterd, maizena, borrie, water, asyn, suiker en sout in `n pot en bring stadig op om te kook tot suiker opgelos is en verwyder van hitte . In `n ander bak klits die eiers goed . gooi nou die asyn mengsel stadig in die eiers in en klits voortdurend. Gooi nou alles terug in die pot en oor n lae hitte terwyl dit geroer word bring die mengsel se hitte op tot dat dit `n dik roomerige sous is stop net voor dit kook. Plaas nou uie in die pot en roer stadig om net alles met die room sous te bedek. Gooi nou oor in opdienings bak en bedien teen kamer temp of koud. Sous hou 2 dae in `n geseëlde bak in yskas.

Danie Els via Facebook ‎Boerekos Kookengeniet
>>https://www.facebook.com/photo.php?fbid=10201328033258527&set=o.258723034168158&type=3&permPage=1

 

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!