Loader

Moussaka

2023-08-09
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (0 / 5)

0 5 0
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

0 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

3 root g eiervrugte
5 murgpampoentjies
800g maalvleis
3 uie
1 blik geblikte tamatie
3el tamatiepuree
gekapte pietersielie na smaak
gekapte kruisement na smaak
mespunt fyn kaneel
growwe gemaalde swartpeper
olyfolie
sout na smaak

Kaassous
100 g botter
1/3 kop koekmeel
2 kop volroom melk
2 groot eiers,
Cheddarkaas

Spoel eiervrug af sny dit dan in dik skywe.
Geur eiervrug liggies met sout en laat staan vir 40 min
Sny murgpampoentjies in skywe
Verhit ‘n pan met olyfolie en braai die maalvleis en uie oor lae hitte tot gaar.
Voeg die tamatiepuree, geblikte tamatie,  pietersielie, kruisement, kaneel en peper by en prut stadig vir 10 minute.
Verwyder van hitte
Droog die eiervrug af met absorberende papier.
Sprinkel olyfolie in plat bakplaat, en pak die eiervrugsnye daarop.
Bak die eiervrug vir ongeveer 5 minute aan ‘n kant, en plaas dit weer op kombuispapier.
Smeer botter op ’n oondbak en pak eiervrug op die bodem
Meng murgpampoentjies by vleismengsel, skep bo-op die eiervrug, en dan die vleismengsel.
Herhaal die proses

Verhit die oond tot 180C

Kaassous
Verhit die botter in ‘n pan oor lae hitte.
Voeg die meel/Maizena bietjie-vir-bietjie by en roer vir 2 minute.
Verwyder dit van die hitte.
Voeg die melk by en roer dit in.
Plaas dit terug op die hitte.
Roer dit stadig tot die sous dik en romerig is en effens borrel.
Verwyder sous van die hitte, en klop die kaas in gevolg deur die lig geklitste eierbeslag. (Klits dit vinnig want jy wil nie roereier hê nie!)
Voeg die sous bo-oor die eiervrug- en vleismengsel
Bak vir 45 minute tot goudbruin
Haal dit uit die oond en laat dit vir effe afkoel vor jy bedien

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!