Loader

Klei wat gebak kan word

2014-05-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.5 / 5)

3.5 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Ingelegde eiers

  • Heerlike Groenboontjie Bredie

  • Heuning Tjops

Mari Bekker se resep ~ Klei wat gebak kan word

Mari sĂȘ: “Kinders kan dit wat hul gevorm het bak of laat droog word en dit kan dan na die tyd geverf word. Kinders kan lekker Kersversierings maak, juwele of enigiets anders.”

2 k meel
1 k sout
1 eetlepel olie
175 ml water
Meng alles saam.
Laat kinders met klei speel en iets vorm.
Bak teen 180° tot hard alternatiewelik los in die son vir 2 dae.

Gerda Ferreira se resep:

Gerda sĂȘ: “Die volgende soutdeeg kan gebruik word om vorms te maak, te bak en dan te verf en of vernis vir ‘ornamente'”:

270g (2 gelykvol koppies) meel
320g (1 gelykvol koppie) sout
180ml (3/4 koppie) water
10ml kookolie
Meet droë bestanddele af en meng goed.
Skep uit op werkoppervlak en knie goed vir ±10 minute – dit is belangrik dat die vir 10 min te knie, omdat dit die gluteninhoud ontwikkel en dit baie meer hanteerbaar maak. Rol ‘n klein bietjie deeg uit in ‘n klein balletjie en as dit nie kraak nie weet jy dit is reg om te gebruik.
Kan gekleur word met voedselkleursel, koffie, paprika/speserye.
Hou klaarbereide deeg bedek terwyl dit nie gebruik word nie.
Deeg kan met bietjie water geverf word om op mekaar te “plak”.
Bak teen 180 grade Celsius tot droog (afhangend van dikte van model) op bereide bakplate.
Laat afkoel.
Verf en vernis soos nodig.

Lekker speel!

Wenk
Linda van Cittert sĂȘ:
“Net ‘n gedagte – ek het my meisiekind vormpies met ‘n koekiedrukker laat uitdruk en dit gedroog in die oond. Toe magneetstukkies (mens kry stroke met gom aan die 1 kant omtrent 30cm lank by craft winkels) agterop geplak, en sy het vir elke familielid yskasmagnete gemaak.

Recipe Type: Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!