die allerlekkerste hamburger..!!

2015-05-01
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.3 / 5)

4.3 5 8
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

8 People rated this recipe

7,422
Related Recipes:
  • Alna se Bobotie met ‘n degie

  • “Sloppy Joe” Boepensies

  • Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Kerrie Bakkies

800g topside maalvleis
1 ui baie fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
1/2 tl gemmer
1/2 tl droe tiemie
1/2 tl droe pietersielie
3 eetl blatjang
swartpeper
marinade van jou keuse

4 rolletjies
uie in ringe gesny
blaarslaai
tamaties – skywe gesny

sous:
mosterd sous
tamatiesous
blatjang
mayonaise

Meng al die speserye saam met maalvleis , knoffel en fyn ui mooi deur, vorm 4 gelyke bolletjies, op kleefplastiek en druk rondel bal versigtig plat vir pattie se vorm.
Sit eenkant van die kleefplastiek oor die pattie en vryf en seel, en vorm hom mooi met jou hande, probeer die lug uitdruk.
Sit in vriekas vir mistens 30 min, voor jy hulle panbraai.

Maak olie in swaarboompan lekker warm
Braai patties aan een kant tot begin bruin braai, voor jy versigtig omdraai, en bruin braai, sout en peper na smaak,  smeer goed met jou keuse van marinade, braai nog bietjie, sit jou uie ringe orals langs pattie in en braai alles sappig oor medium hitte

Maak sousie van gelyke dele blatjang, mosterdsous, mayonaise en tamatiesous gemeng.
Sny oop die rolletjies smeer goed met sous …. en ….
bou nou jou hamburger, laat die sousies loop geniet !!

Comment (1)

  1. posted by MAGDA SHAND on February 25, 2016

    BAIE LEKKER MOET PROBEER

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!