Brandewyn Perskes
2014-11-02Average Member Rating
(5 / 5)
1 People rated this recipe
2,860Related Recipes:
Ingelegde Brandewyn Perskes…(die wag, die moeite werd)..!
4 kg ryp perskes, afgeskil
Stroop: 2,5 kg suiker en 2,5 l water
Maak die stroop en kook die perskes daarin (10-15 minute).
Haal die perskes uit en pak in droë, gesteriliseerde bottels.
Kook die stroop verder tot daar so 2 derdes oor is en gooi oor die perskes in die bottels totdat die bottels halfvol is.
Top op met brandewyn, draai die bottels toe en bêre vir ten minste 2 tot 3 maande voor gebruik……. Gesondheid…!!