Loader

Beesvleis Pastei

2023-09-17
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

1,5kg bees- of skaapskenkels
sout en swartpeper
olie
1 ui, in ringe gesny
3 knoffelhuisies, gekneus
7 heel peperkorrels
1 lourierblaar
2 heel naeltjies, effens gekneus
1 ml droë tiemie
250 ml warm vleisaftreksel
4 medium aartappels, in blokkies gesny
200 g sampioene, in skywe gesny
koekmeelblom om die sous mee te verdik

Kors:

240 g koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
knippie neutmuskaat
50 ml gekapte pietersielie
100 m botter
ongeveer 150 ml melk

Geur vleis liggies met sout en swartpeper en braai bietjie vir bietjie bruin in verhitte olie. Skep uit. Soteer ui en knoffel in die olie tot sag. Voeg naeltjies en peperkorrels by en roerbraai nog sowat 1 minuut lank. Plaas vleis terug in die kastrol, voeg lourierblaar en tiemie by, giet vleisaftreksel oor, verlaag hitte en prut tot die vleis amper sag is. Voeg aartappels asook sampioene by en prut tot aartappels ook sag en gaar en vleis souserig is. (Voeg meer warm vleisaftreksel by indien vleis droogkook en verdik dan sous met koekmeelblom indien nodig.) Skep vleismengsel in ´n oondvaste bak.
Voor verhit oond tot 180 grade C (350grade F). Sif koekmeelblom, bakpoeier, sout en neutmuskaat saam. Voeg pietersielie by en vryf botter met jou vingerpunte in tot goed gemeng. Voeg net genoeg melk by om ´n sagte deeg te vorm. Meng met ´n slaplemmes tot net gemeng. Rol liggies uit op ´n meelbestrooide oppervlakte tot ongeveer 1,5 cm dik. Druk skons met koekdrukker uit en plaas bo-op die vleis. Bak sowat 20-25 minute lank tot die skons ligbruin en gaar is.

Genoeg vir 6 mense.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!