Loader

Vanielje-roomys

2014-11-02
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 4
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

4 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Waatlemoen Kersfees Koek

Tuisgemaakte Vanielje-roomys ~ Sonder masjien

Jy benodig:
1 koppie (250ml) volroom- melk
’n knypie sout
150g suiker
vanieljepeul, in die middel oopgesny
2 koppies (500ml) dubbeldik room
5 eiergele

Plaas die melk, sout en suiker in ’n kastrol en verhit oor lae hitte. Skraap die sade uit die vanieljepeul en voeg by die melkmengsel saam met die peul. Roer totdat die suiker opgelos
is.
Sit ’n deksel op die kastrol, verwyder van die hitte en laat vir ’n uur staan sodat die vanielje die melk kan geur.
Kry solank die volgende gereed: Plaas ’n 2 liter-mengbak binne-in ’n groter bak wat met ys gevul is. Giet die room in die mengbak en plaas dan ’n sif bo-oor die bak.
Klits die eiergele liggies in ’n aparte bak. Verhit die melk weer en giet dan bietjies-bietjies van die melk by die eiergele terwyl jy aanhoudend klits. Giet dan die eiergeelmengsel by die melk in die kastrol en plaas dit oor lae hitte op die stoof.
Verhit stadig, roer aanhoudend en maak seker jy skraap die kante en bodem van die kastrol. Verhit totdat die vla die agterkant van ’n houtlepel bedek.
Giet die vla deur die sif by die room in die mengbak wat jy oor ys gereed gesit het. Roer totdat dit afgekoel het.
Verwyder die vanieljepeul en giet die vla in ’n plat bak. Bedek met kleefplastiek en plaas dit vir 45 minute in die vrieskas. Klits dit dan met ’n draadklitser sodat jy al die yskristalle opbreek (maak seker jy kry ook die roomys in die hoeke van die bak beet). Dit sorg vir ’n gladde tekstuur.
Plaas dit terug in die vrieskas en herhaal die klitsproses elke halfuur. Ná twee tot drie uur behoort dit gereed te wees en kan jy dit los om hard te vries.

Recipe Type: Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!