Uie Marmelade
2009-08-13- Course: Preserveer
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.3 / 5)
3 People rated this recipe
Related Recipes:
150ml olyfolie
20ml mosterdsaad
1kg rooi uie, geskil, in dun ringe gesny
25ml gemmer, vars, gerasper
2 vars lourierblare
100ml bruinsuiker
150ml rooi wynasyn
100ml rooiwyn
fyngerasperde skil en sap van 2 lemoene
Verhit die olie in ‘n groot swaarboomkastrol en soteer die uie stadig oor ‘n lae hitte tot dit sagg is (sowat 25 minute) Roer dit af en toe. Voeg die res van die bestanddle by en prut saggies tot die sappe verdik. Geur na smaak met sout en en vars gemaalde peper en laat staan 8 uur sodat die geur goed deurtrek. Skep in droë, skoon en warm flesse en bêre in yskas. Sit voor met gebraaide beesvleis, ham of kaas.
Comments (2)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Kobus Van Vuuren on November 10, 2015
Goeie dag
Ek het ‘n vraag asb. Kan rooi uie gebrrai word saam met tamaties – soos met wit uie en tamaties
Dankie
posted by Boerekos on November 10, 2015
Hi Kobus
Jy kan die rooi ui in enige gereg gebruik as wat jy die wit ui sou gebruik, goeie ou huis ui die, bietjie soeter in smaak , maar heerlik !!