Spitbraai – voorbereiding en marinades
2015-07-29- Course: Braaigeregte
- Skill Level: Moeilik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.9 / 5)
20 People rated this recipe
Related Recipes:
Lam, Speenvark, Bosvark, Klein wildsbok, en Pluimvee …noem dit, doen dit…!!
VOORBEREIDING VAN KARKAS
Gebruik 5 ml sout en 1 ml vars gemaalde swartpeper per kg vleis.
Vryf helfte van die sout en peper aan binnekant van karkas.
Hou res van mengsel om karkas naby die einde van roostertyd aan buitekant te geur.
Indien maagholte toegewerk word, besprinkel met 75 ml suurlemoensap en smeer met gekneusde knoffel en roosmaryn.
MARINADE – BEDRUIPSOUS
150 ml suurlemoensap
150 ml lemoensap
150 ml olyfolie
10 tot 15 knoffelhuisies – gekneus
vars kruie na smaak
APPEL EN RYS VULSEL
5 appels – ontkern en in wiggies gesny
8 x 250 ml rys – half gaar
500 ml sultanas oornag in port geweek
500 ml droë perskes – gesnipper
125 ml vars gekapte pietersielie
sout en vars gemaalde swartpeper
knoffel – gekneus – opsioneel
Meng bestanddele en vul holte van karkas.
Werk holte toe en braai stadig oor spit.
Bedruip gereeld met marinade.
BEDRUIPSOUSE
KRUIE EN OLIE BEDRUIPSOUS
125 ml olyfolie
15 ml suurlemoensap
3 knoffelhuisies – gekneus
5 ml vars gekapte roosmaryn
5 ml vars gekapte marjolein
10 ml vars gekapte pietersielie
Berei bedruipsous en hou gereed vir gebruik.
Meng bestanddele en gebruik soos benodig.
SOET BEDRUIPSOUS
PYNAPPEL BEDRUIPSOUS
150 ml droë wit wyn of 150 ml coca-cola
50 ml olyfolie
1 x 410 blik g fyn pynappel
15 ml sojasous
15 ml suurlemoensap
50 ml lemoensap
5 ml mosterdpoeier
50 ml heuning
25 ml worcestersous
2 knoffelhuisies – gekneus
Meng al die bestanddele saam en bring tot kookpunt vir 3 minute.
Laat vloeistof afkoel en gebruik as marinade en bedruipsous.
WENK
Onthou dat bedruipsous wat ‘n soet bestanddeel bevat, maklik aanbrand.
Draai die vleis meer gereeld en bedruip nader aan die einde van die gaarmaakproses.