Soet Peppadew Pekel

2011-06-18
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Bestanddele

3 koppies vars peppadews (Stingels en  van die sade verwyder)
1 koppie bruinsuiker
1 koppie kookwater
1 eetlepel heuning
1 teelepel growwe sout
1 koppie wit druiwe asyn
Koljander sade, heel swart peper korrels, heel anys saad, naeltjies

Sit peppadews, water, sout, suiker en heuning in ‘n pot. Kook stadig vir 15 minute. Gooi dan asyn by en kook nog 2 minute. Skep in skoon bottels. Sit halwe teelepel koljander saad, so 10 peper korrels, halwe teelepel anys sade, en 2 naeltjies in elke bottel. Maak seker die peppadews is tot bo toe met stroop. Draai bottels onderstebo tot koud. Bere in yskas tot benodig. Lekker by pizza, kaas broodtjie of kouevleis!
Peppadews is moeilik om vars te kry, rooi en geel peppers kan ook gebruik word of selfs uie!

,

Gemiddelde Gradeering

(5 / 5)

5 5 1
Gradeer hierdie resep

1 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Maklike Biltong Patee

  • Speserymengsel om hoender te geur

  • Ingelegde eiers

  • Lennon’s Hoesstroop

  • Heerlike Groenboontjie Bredie

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!