Loader

Plaatkoekies

2008-08-04
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.7 / 5)

3.7 5 242
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

242 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Torrijas

  • Kerrie Bakkies

  • Ham, Sampioen en Eier Bakkies

  • Basiese Wafels

  • Kaas Skons

2 eiers
125 ml suiker
250 ml melk
30 ml margarien/botter gesmelt
500 ml koekmeelblom
20 ml bakpoeier
2.5 ml sout

botter, stroop of heuning

Metode
1. Klits eiers en suiker saam. Voeg 125ml melk en gesmelte botter by.
2.Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en voeg by eiermengsel.
3. Voeg orige melk geleidelik by om ‘n gladde mengsel te vorm.
4. Moet nie mengsel roer nadat alles gemeng is nie.
5. Bak in gesmeerde ringpannetjies(griddle) of drup lepels vol op ‘n warm gesmeerde stoofplaat.
6. Bak eers die een kant en as dit bo-op vol lugblasies is, draai plaatkoekie met slaplemmes of eierspaan om en bak hulle aan die ander kant tot dit ook mooi bruin is.
7. Sit voor met botter, stroop of heunig, piesangs, konfyt, room

Recipe Type: Tags: , , , , Ingredients:

Comments (3)

  1. posted by Barry on May 17, 2015

    Baie lekker. Ek het ekstra melk bygevoeg om dit meer loperig te maak. Het dit ook in n beker gesit om uit te gooi eerder as om uit te skep. Dunner uitgekom en ook ronder. Iets wat jy, as jy dit uitskep met n lepel, nie kan regkry nie.

  2. posted by Annelize on July 12, 2015

    Wat ‘n heerlike resep en fantastiese site. ‘n Beter resep as wat ek gehad het.
    Dankie.

  3. posted by CBuss on August 2, 2015

    Sit ‘n bietjie vanilje ook by, dit maak dit nog meer lekker. Ek het ook al bloubessies in die mengsel gegooi en dit dan in die pan gemaak, vir bietjie variasie, baie lekker uitgekom. Dis Dan ‘n bloubessie plaatkoekie soos ‘n bloubessie muffin, het dieselfde effek.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!