Loader

Lamsnekbredie

2014-11-02
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.8 / 5)

4.8 5 6
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

6 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Tamatie Bredie

  • Sondagmiddag Lamsboud

  • Staan Ribbetjie

  • Skaapnek en Groenboontjie bredie

  • Lamsvleis Breyani

Lamsnekbredie ~ deur: chefsharkie

15 ml olie
15 ml botter
12 lamsnekskywe
3 groot uie, in ringe gesny
4 knoffelhuisies, gekap
6 groot, ryp tamaties, geskil en gekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml gedroogde basiliekruid
5 ml gedroogde tiemie
15 ml bruinsuiker
375 ml vleisaftreksel
6 aartappels, geskil en in kwarte gesny

Verhit die olie en die botter, verbruin die vleis daarin, skep dit uit en hou dit eenkant.
Soteer die uie en die knoffel in dieselfde olie tot deurskynend. Skep die vleis op die uie en plaas die tamaties op die vleis.
Geur met sout en peper en voeg die kruie en bruinsuiker by, asook die vleisaftreksel.
Plaas die deksel op en stowe dit totdat dit sag is – ongeveer 1 uur 30 minute.
Rangskik die aartappels bo-op en laat dit prut vir ongeveer 20 minute totdat die aartappels sag is.

Recipe Type: Ingredients:

Comment (1)

  1. posted by Herman on March 20, 2015

    Dis mos om verslaaf aan te raak……Dankie. Lief dit

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!