Kerriemayo – Hoenderborsies

2017-11-24
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Blitsvinnig en baie lekker , ‘n vra-na-meer-hoender lekkerte

6 hoenderborsies, ontbeen, maar los velletjie aan
3 eetlepels olyfolie
1 groot ui – baie fyn gekap
1 groot ryp tamaties, geskil en fyn gekap
suurlemoen
grofgemaalde swartpeper
½ tl fyn gemmer
2 el sterk kerriepoeier
1 el bruinsuiker
1 kop witwyn
1 kop mayonnaise
125 ml ongegeurde jogurt

Voorverhit oond na 180 C
Verhit olyfolie in n diep pan, braai uie stadig tot uie sag en geurig
Voeg kerriepoeier en gemmer by, roer vinnig deur en voeg wyn, gekapte tamatie en buinsuiker by
Bring tot kookpunt en prut vir 5 min. geur met sout, grofgemaalde swartpeper
Verwyder van hitte en laat heeltemal afkoel
Meng jogurt en mayonnaise by
Druk hoenderborsie plat op broodbord en met skerp mes sny borsies in die helfte deur (dat jy 2 plat skywe het)
Pak hoenderskywe in oondvaste bak, met bietjie olyfolie
Gooi  suurlemoensap oor en laat 10 min staan
Gooi nou kerrie-mayonnaise mengsel oor en bak tot goudbruin aan albei kante
Bedruip gereeld tussendeur bakproses

Bedien met rys en beetslaai, Ook baie lekker saam broodrolletjies en groenslaai of selfs Slaptjips

Gemiddelde Gradeering

(5 / 5)

5 5 6
Gradeer hierdie resep

6 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Blinkbek Goue Hoenderdye

  • Peri Peri Hoenderlewertjies in die Potjie

  • Klewerige Prego Hoender

  • Prego Hoender Kebabs

  • Hoender Herderspastei

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!

error: Content is protected !!