Loader

Bonanza Hamburger

2014-01-21
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

Die beste hamburger ooit…!!

800g topside maalvleis
1 ui baie fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
1/2 tl gemmer
1/2 tl droe tiemie
1/2 tl droe pietersielie
3 eetl blatjang
swartpeper

4 rolletjies
uie in ringe gesny
blaarslaai
tamaties – skywe gesny

sous:
mosterd sous
tamatiesous
blatjang

Meng al die speserye saam met maalvleis , knoffel en fyn ui mooi deur, vorm 4 gelyke bolletjies, op kleefplastiek of oopgesnyde broodsakkie druk rondel bal versigtig plat vir pattie se vorm.
Sit eenkant van die kleefplastiek oor die pattie en vryf en seel, en vorm hom mooi met jou hande, probeer die lug uitdruk.
Sit in vriekas vir mistens 30 min, voor jy hulle panbraai.

Maak olie in swaarboompan lekker warm
Braai patties aan een kant tot begin bruin braai, voor jy versigtig omdraai, en bruin braai, sout en peper na smaak, sit jou uie ringe orals langs pattie in en braai alles sappig oor medium hitte

Maak sousie van gelyke dele blatjang, mosterdsous en tamatiesous gemeng.
Rooster jou rolletjies, smeer goed met sous …. en ….
bou nou jou hamburger, laat die sousies loop geniet !!

Recipe Type: Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!