Loader

Sjokolade Pannekoek

2018-06-18
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.5 / 5)

4.5 5 8
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

8 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Romerige Hoender Pannekoek

  • Pannekoek-slaapsak

  • Koffie Pannekoek

  • Pannekoek

Hierdie maklike meng en bak pannekoek-resep is heerlik vir nagereg bederf, jy kan lekker met die een se vulsel speel

4 kop lou water
3 kop koekmeel
2 el kakao poeier
2 el strooisuiker
2 groot eiers
1 tl sout
1 tl bakpoeier
paar druppels olie
paar druppels asyn
*olie vir die bak
.
Klits die water, paar druppels olie en eiers tot skuimerig
Sif die koekmeel, kakao , strooisuiker, bakpoeier en sout saam
Voeg om die beurt by die eiermengsel terwyl jy aanhou met klits tot skuim bo op vorm
Voeg asyn by en roer goed deur
Plaas die mengsel vir 30 min in yskas
Smeer en verhit pan met olie
Gooi bietjie deeg in pan en tuimel die pan sodat die deeg die pan bodem mooi bedek
Bak minuut of twee en draai die pannekoek om as daar lugborrels begin vorm
Bak aan die anderkant tot goudbruin
Herhaal die proses tot pannekoek deeg op is

Sit voor met piesang en karamel, bedruip met sjokolade stroop
of
Styfgekopte room en aarbeie, sjokolade stroop
of
Roomys en Esdoornstroop / Heuning
of
Nutella smeer en sjokoladestroop en styfgekopte room
of
Piesang en Malvalekkers, gekapte neute en sjokolade stroop
of
Piesang en Kondensmelk

Meng en pas aan na smaak

Eindloos lekker !

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!