Heuning en Mosterd Hoender
2014-11-03- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.1 / 5)
7 People rated this recipe
Related Recipes:
~ Vinger lek aflek lekker !!
1.5kg hoenderstukke (afgespoel onder koue loopwater)
1/2 kop botter
bietjie kookolie
1/2 kop heuning
1/2 kop mosterdsous van jou keuse
1/4 kop appelkoos konfyt
1 kop kookwater
6 knoffeltoontjies, gekneus en fyn gekap
knypie sout
knypie pietersielie
1 tl kerriepoeier
Maak bietjie kookolie warm (so 1eetlepel ) en braai knoffel saam kerriepoeier vinnig daarin, Gooi botter , konfyt, heuning en mosterdsous by, bring tot koopunt, voeg sout en pietersielie en kookwater by en prut vir 5 min
Voorverhit oond 180 C
In oonvaste bak, pak hoenderstukke. Giet nou die sous oor
Bak in voorverhitte oond vir + – 1 en 1/2 uur tot goudbruin.
Draai elke 15 min om wanneer dit lekker begin bak, terwyl jy lekker bedruip met die sous.