Deprecated: Optional parameter $content declared before required parameter $tag is implicitly treated as a required parameter in /home2/boerekos/public_html/wp-content/plugins/food-recipes-pack/includes/shortcodes/class-food-recipes-columns.php on line 26

Warning: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at /home2/boerekos/public_html/wp-content/plugins/food-recipes-pack/includes/shortcodes/class-food-recipes-columns.php:26) in /home2/boerekos/public_html/wp-includes/feed-rss2.php on line 8
kondensmelk – Boerekos – Kook met Nostalgie https://www.boerekos.com Kook met Nostalgie Wed, 24 Apr 2024 04:12:52 +0000 af-ZA hourly 1 https://www.boerekos.com/wp-content/uploads/2012/12/boerkosfav2.png kondensmelk – Boerekos – Kook met Nostalgie https://www.boerekos.com 32 32 Kondensmelk Suurlemoen Yskastert https://www.boerekos.com/recipe/kondensmelk-suurlemon-yskastert/ https://www.boerekos.com/recipe/kondensmelk-suurlemon-yskastert/#respond Sun, 17 Jun 2018 10:27:17 +0000 https://www.boerekos.com/?post_type=recipe&p=5282

‘n Regte Staatmaker, dit is regtig lekker (Maak 1 x 23cm ronde tert) . Vir die kors 1 pakkie tennisbekuitjjies ½ pakkie gemmerkoekies 125 g botter Vir die vulsel: 1 blik kondensmelk sap van 2 suurlemoene 450g ongegeurde Yoghurt 2 pakkies suurlemoenjellie 250 ml kookwater ½ tl vanilla essence *geklopte room – opsioneel vir versiering […]]]>

'n Regte Staatmaker, dit is regtig lekker (Maak 1 x 23cm ronde tert) . Vir die kors 1 pakkie tennisbekuitjjies ½ pakkie gemmerkoekies 125 g botter Vir die vulsel: 1 blik kondensmelk sap van 2 suurlemoene 450g ongegeurde Yoghurt 2 pakkies suurlemoenjellie 250 ml kookwater ½ tl vanilla essence *geklopte room - opsioneel vir versiering Basis: Krummel die koekies fyn tot jy broodkrummel effek het Smelt die botter Voeg die koekieskrummels by, meng deur Gooi die krummels uit in tertpan Druk die krummels vas Met die agterkant van 'n lepel druk halfpad op tot teen die kante van die tertpan vas Plaas in die yskas vir 40 min Vulsel: Gooi jelliepoeier in 'n klein bakkie Voeg vanilla by die kookwater en giet oor die jelliepoeier , roer tot opgelos en laat afkoel Giet die kondensmelk in 'n bak en voeg die suurlemoensap geleidelik by terwyl jy aanhou klits tot die melk verdik Voeg die jogurt by en vou in Laastens voeg die afgekoelde jellie by en meng goed deur, maar nie teveel karring nie Giet stadig in die krummebasis, versprei liggies eweredig Plaas in die yskas vir 'n paar uur As jy kies, kan jy die lekker styfgeklopte room opsit voordat dit bedien word]]>
https://www.boerekos.com/recipe/kondensmelk-suurlemon-yskastert/feed/ 0
Ys-Melkkoffie https://www.boerekos.com/recipe/ys-melkkoffie/ https://www.boerekos.com/recipe/ys-melkkoffie/#respond Wed, 11 Oct 2017 18:03:12 +0000 https://www.boerekos.com/?post_type=recipe&p=5127

  Heerlike drankie vir koffie liefhebbers 380 ml baie sterk filter koffie, afgekoel (espresso is heerlik) 125 ml Kondensmelk ysblokkies en fyn ys So gemaak: Vul 4 glase met ys en voeg die koffie by tot driekwart Giet die kondensmelk in ‘n straaltjie stadig by (na smaak) maar so 125 ml per glas werk goed. […]]]>

  Heerlike drankie vir koffie liefhebbers 380 ml baie sterk filter koffie, afgekoel (espresso is heerlik) 125 ml Kondensmelk ysblokkies en fyn ys So gemaak: Vul 4 glase met ys en voeg die koffie by tot driekwart Giet die kondensmelk in 'n straaltjie stadig by (na smaak) maar so 125 ml per glas werk goed. Top met bietjie fyn ys Moenie roer nie, laat staan 2 minute dat die kondensmelk self afsak en bedien Vir Pa en Ma kan jy maar 'n sopie goeie whiskey bygooi vir 'n lekker kinkel ! Geniet !]]>
https://www.boerekos.com/recipe/ys-melkkoffie/feed/ 0
Milo Roomys ~ Tuisgemaak https://www.boerekos.com/recipe/milo-roomys-tuisgemaak/ https://www.boerekos.com/recipe/milo-roomys-tuisgemaak/#comments Wed, 17 Feb 2016 18:03:02 +0000 https://www.boerekos.com/?post_type=recipe&p=4248

Net 4 bestanddele Ryk en romerig ~  tuisgemaak, die beste !!  sonder roomys masjien. 1 lt vars room (yskoud verkieslik oornag in yskas) 1 blik volroom kondensmelk 1 el vanilla essence 1½ kop milo poeier In lekker groot mengbak giet jou room in en voeg vanilla by Op jou elektriese klitser se hoogste spoed; klop tot styf en […]]]>

Net 4 bestanddele Ryk en romerig ~  tuisgemaak, die beste !!  sonder roomys masjien. 1 lt vars room (yskoud verkieslik oornag in yskas) 1 blik volroom kondensmelk 1 el vanilla essence 1½ kop milo poeier In lekker groot mengbak giet jou room in en voeg vanilla by Op jou elektriese klitser se hoogste spoed; klop tot styf en dubbel die volume, moet lekker fluffy wees Vou die kondensmelk en milo in, meng mooi deur, maar nie te veel karring nie Skep in 2 lt houer, seel goed. Vries 6 - 8 ure, laat staan buite vrieskas vir 10 minute voor opdien opsioneel: vou in saam kondensmelk: opgekapte rolo's, stukkies bar one, gerasperde peppermint crisp, opgebreekte oreo koekies, self romany creams koekies .... eindloos lekker !!]]>
https://www.boerekos.com/recipe/milo-roomys-tuisgemaak/feed/ 1
Lagies Melktert https://www.boerekos.com/recipe/lagies-melktert/ https://www.boerekos.com/recipe/lagies-melktert/#respond Thu, 13 Nov 2014 18:38:51 +0000 https://www.boerekos.com/?post_type=recipe&p=3749

2 pakkies tennis beskuitjies 1 Liter Melk ¼ kop suiker 1 ekstra groot Eier 1 Blikkie Kondensmelk 1 Hoogvol eetlepel vla-poeier 2 Eetl Mielieblom (maizena) ¼ t Sout 1 t botter 1 t vanieljegeursel Metode: 1. Maak pasta van die vla, mielieblom, suiker en eier. 2. Verhit die melk & Kondensmelk tot kookpunt 3. Voeg […]]]>

2 pakkies tennis beskuitjies 1 Liter Melk ¼ kop suiker 1 ekstra groot Eier 1 Blikkie Kondensmelk 1 Hoogvol eetlepel vla-poeier 2 Eetl Mielieblom (maizena) ¼ t Sout 1 t botter 1 t vanieljegeursel Metode: 1. Maak pasta van die vla, mielieblom, suiker en eier. 2. Verhit die melk & Kondensmelk tot kookpunt 3. Voeg die vla pasta by met ‘n dun straaltjie terwyl jy aanhoudend roer en kook net ‘n rukkie oor lae hitte tot gaar en dik. Roer die geursel en 1 t botter by. 4. Pak ‘n lagie beskuitjies onderin ‘n gesmeerde langwerpige tertbord. 5. Gooi die helfte vd beslag oor die onderste lagie beskuitjies, pak nog ‘n laag beskuitjies en gooi die ander helfte oor. 6. Strooi bietjie kaneel asook die res van die tennisbeskuitjies wat fyngemaak is, bo-oor en laat heeltemal afkoel en stol. 7. Garneer elke skyfie met ‘n rooi of groen glanskersie. Die tennisbeskuitjies se klappergeur, verleen ook ‘n heerlike geur aan die melktert.]]>
https://www.boerekos.com/recipe/lagies-melktert/feed/ 0
Tuigemaakte kondensmelk https://www.boerekos.com/recipe/tuigemaakte-kondensmelk/ https://www.boerekos.com/recipe/tuigemaakte-kondensmelk/#respond Wed, 05 Nov 2014 11:47:58 +0000 https://www.boerekos.com/?post_type=recipe&p=3680

1.25 liter melk 2ml koeksoda 500g suiker 3ml sout Voeg alle bestanddele bymekaar en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Kook stadig totdat die melk soos dik room begin lyk. Moenie roer nie, tensy melk wil oorkook. Gooi in flesse wat gesteriliseer is en plaas vir 15 minute in voorverhitte oond van […]]]>

1.25 liter melk 2ml koeksoda 500g suiker 3ml sout Voeg alle bestanddele bymekaar en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Kook stadig totdat die melk soos dik room begin lyk. Moenie roer nie, tensy melk wil oorkook. Gooi in flesse wat gesteriliseer is en plaas vir 15 minute in voorverhitte oond van 120C. Skroef daarna dadelik toe. Foto: Amanda Visagie via Facebook Boerekos Kookengeniet]]>
https://www.boerekos.com/recipe/tuigemaakte-kondensmelk/feed/ 0
Melktertjies https://www.boerekos.com/recipe/melktertjies/ https://www.boerekos.com/recipe/melktertjies/#respond Wed, 05 Nov 2014 11:12:36 +0000 https://www.boerekos.com/?post_type=recipe&p=3666

  “Melktertjies” ~ deur: HantieKotze Gebruik as ‘n likeur na ete of ‘n “shooter” Bestanddele: 1 Blik Kondensmelk 1 Blik Ideal Milk 1/2 Bottel Vodca Kaneel Metode: Gooi al die bestanddele saam in groot mengbeker of gebruik versapper dit meng net beter. Klits goed saam en bottel in gesteriliseerde 1l glasbottel. Plaas in yskas. Bedien […]]]>

 
"Melktertjies" ~ deur: HantieKotze Gebruik as 'n likeur na ete of 'n "shooter" Bestanddele: 1 Blik Kondensmelk 1 Blik Ideal Milk 1/2 Bottel Vodca Kaneel Metode: Gooi al die bestanddele saam in groot mengbeker of gebruik versapper dit meng net beter. Klits goed saam en bottel in gesteriliseerde 1l glasbottel. Plaas in yskas. Bedien in likeur glasies en strooi fyn kaneel bo-oor. Passop!!! Dit is heerlik te heerlik.........
]]>
https://www.boerekos.com/recipe/melktertjies/feed/ 0
Kondensmelk Melktert https://www.boerekos.com/recipe/kondensmelktert/ https://www.boerekos.com/recipe/kondensmelktert/#comments Sun, 01 Jun 2014 17:08:08 +0000 https://www.boerekos.com/article.php/kondensmelktert

Dubbele Lekkerte ! 1 blik kondensmelk 3 kop water kop melk 6 hoog vol eetlepels mielieblom (cornflour) 2 eiergele ~ geklop 1 teel margarien 1 teel vanielje geursel pak tennisbeskuitjies fyn kaneel Metode In lekker groot pot, bring kondensmelk en water tot kookpunt In ‘n beker meng die cornflour met ‘n bietjie water, maak pasta […]]]>

Dubbele Lekkerte ! 1 blik kondensmelk 3 kop water kop melk 6 hoog vol eetlepels mielieblom (cornflour) 2 eiergele ~ geklop 1 teel margarien 1 teel vanielje geursel pak tennisbeskuitjies fyn kaneel Metode In lekker groot pot, bring kondensmelk en water tot kookpunt In 'n beker meng die cornflour met ‘n bietjie water, maak pasta en gooi melk by , roer goed dat daar niks klonte is nie Gooi in kastrol by warm kondensmelk mengsel, hou aan met roer, en bring mengsel tot kookpunt, laat dik kook Haal pot van plaat af, Klits met draadklitser geklopte eiergele by , sit terug op plaat, bring weer tot kookpunt. Gooi nou jou botter en geursel in terwyl jy aanhou klits, prut 1 min en haal van plaat af. Pak ‘n lagie tennisbeskuitjies in ‘n tertbord en gooi die helfte van die vulsel oor, dan nog ‘n laag beskuitjies met die res van die vulsel oor. Sprinkel na smaak met fyn kaneel *Opsioneel: Rol ‘n paar beskuitjies fyn en strooi bo-oor. Laat afkoel en set in yskas, lekkerder hoe langer hy staan !!]]>
https://www.boerekos.com/recipe/kondensmelktert/feed/ 1
40 jaar wenner fudge https://www.boerekos.com/recipe/40-jaar-fudge/ https://www.boerekos.com/recipe/40-jaar-fudge/#comments Thu, 24 Apr 2014 15:36:50 +0000 https://www.boerekos.com/article.php/40jaarfudge

40 jaar oue fudge resep, die is ‘n wenner…. keer op keer ! 1kg suiker. 115 g (125 ml) botter. 250 ml vars melk. 25 ml goue stroop. Knippie sout. 1 blik kondensmelk. 5 ml vanieljegeursel. Metode: Plaas al die bestandele, behalwe die kondensmelk en geursel in n kastrol. 2 roer dit met n hoetleppel […]]]>

40 jaar oue fudge resep, die is 'n wenner.... keer op keer ! 1kg suiker. 115 g (125 ml) botter. 250 ml vars melk. 25 ml goue stroop. Knippie sout. 1 blik kondensmelk. 5 ml vanieljegeursel. Metode: Plaas al die bestandele, behalwe die kondensmelk en geursel in n kastrol. 2 roer dit met n hoetleppel en was al die suiker suiker reltjies aan die kastrolwand af. 3 sit die deksel op, verhit die mengel tot kookpunt en kook dit vir 5 min lank stadig. 4 Haal die deksel af en roer die kondensmelk in. 5 Roer goed totdat dit weer kook. 6 Moenie nou of later weer roer nie, want dan brand die mengel aan. 7 Hou die kastrol oop. 8 Kook die mengel 20/30 min stadig tot goudbruin. 9 Laat dit 7 min lank afkoel. 10 Roer die fudge nou met die hout leppel totdat dit begin styf word. 11 voeg geursel by. 12 Sprei dit vinnig op n gesmeerde bakplaat van naastenby 35 by 25 cm oop. 13 Wanneer amper styf trek riffies daarop met n vurk. 14 Sny in blokkies voordat dit te hard is. Ongeveer 55 blokkie *Christina Venter Cloete via Facebook Boerekos Kookengeniet*]]>
https://www.boerekos.com/recipe/40-jaar-fudge/feed/ 7
Kondensmelk Koekies https://www.boerekos.com/recipe/kondensmelk-koekies/ https://www.boerekos.com/recipe/kondensmelk-koekies/#comments Tue, 22 Apr 2014 09:13:43 +0000 https://www.boerekos.com/article.php/kondensmelkkoekies

My skoonma se gunsteling bederf, maak hom sommer dubbel aan, Dit is hemelse koekies 700 g koekmeel 450 g botter 4 tl bakpoeier 1 blik kondensmelk 1 tl suurlemoengeursel 1 kop strooisuiker knypie sout. Voorverhit jou oond 190 C Room jou botter en suiker tot romerig, voeg blikkie kondensmelk by en meng goed deur Sif […]]]>

My skoonma se gunsteling bederf, maak hom sommer dubbel aan, Dit is hemelse koekies 700 g koekmeel 450 g botter 4 tl bakpoeier 1 blik kondensmelk 1 tl suurlemoengeursel 1 kop strooisuiker knypie sout. Voorverhit jou oond 190 C Room jou botter en suiker tot romerig, voeg blikkie kondensmelk by en meng goed deur Sif saam: meelblom, bakpoeier en sout en voeg by botter mengsel. Smeer bakplaat, skep teelepels vol op plaat Bak ongeveer 10 - 15 min *Joleen Meintjies via Facebook Boerekos Kookengeniet*]]>
https://www.boerekos.com/recipe/kondensmelk-koekies/feed/ 2
Kondensmelk fudge https://www.boerekos.com/recipe/kondensmelk-fudge/ https://www.boerekos.com/recipe/kondensmelk-fudge/#comments Fri, 04 Apr 2014 11:05:34 +0000 https://www.boerekos.com/article.php/kondensmelkfudge

Die beste , flopvrye resep ooit, sal nooit weer ander een probeer nie… Sukses Fudge !! 400g suiker 45ml water 55ml botter 30ml gouestroop 1 blik kondensmelk 1 tl vanielje Meng die suiker en water in ‘n swaarboomkastrol en roer dit oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Maak seker dat daar geen suikerkristalle […]]]>

Die beste , flopvrye resep ooit, sal nooit weer ander een probeer nie... Sukses Fudge !! 400g suiker 45ml water 55ml botter 30ml gouestroop 1 blik kondensmelk 1 tl vanielje Meng die suiker en water in 'n swaarboomkastrol en roer dit oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Maak seker dat daar geen suikerkristalle teen die kant van die kastrol vassit nie. Indien dit wel gebeur, borsel dit af met 'n kwassie wat in warm water gedoop is. Voeg die botter en gouestroop by die suikerwater en roer dit totdat die botter gesmelt is. Voeg die kondensmelk by die mengsel en roer dit aanhoudend totdat dit kookpunt bereik. Kook die mengsel ongeveer 25 min lank tot by die sagtebalstadium. Roer dit af en toe om aanbrand te voorkom. Laat die mengsel afkoel totdat dit louwarm is en voeg die vanieljegeursel by. Klop die mengsel totdat dit dik en romerig is. Giet die suikermengsel in 'n gesmeerde pannetjie. Hou die kastrol skuins sodat die mengsel vrylik kan uitloop. Moet nie skud of die mengsel uitskraap nie, want dan kan dit versuiker. Laat die suiker mengsel in die pannetjie afkoel voordat dit in blokkies gesny word. *Dit moet heeltemal koud wees voor dit gesny word, anders kan dit verbrokkel. * Kondensmelk fudge- Rhea Scheepers via Facebook Boerekos Kookengeniet* *Sagtebal stadium: Na mengsel +- 25min gekook het, drup 'n paar druppels in koue water, dit behoort dan 'n sagte bal te vorm. Voel dit tussen jou vingers om te toets]]>
https://www.boerekos.com/recipe/kondensmelk-fudge/feed/ 4