Loader

Ystervarkies

2009-01-21
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 26
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

26 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Spesery Sjokoladekoekies

  • Wortelmuffins met roomkaasversiersel

  • Piesang en Amarula Kolwyntjies

Benodighede
500 ml strooisuiker
4 groot eiers
250 ml olie
5 ml vanilla-geursel
750 ml meel, gesif
15 ml bakpoeier
250 ml melk
klapper

Metode
Klop die strooisuiker en eiers in menger tot dit lig en donsig
Voeg die olie en vanilla-geursel by.
Voeg die gesifte meel en bakpoeier alternatiewelik by met die melk.
Gooi die mengsel in n plat vierkantinge of reghoekige koekpan en bak by 180C vir 25 – 30 minute of tot die koek goudbruin is.
Laat afkoel en sny in gewenste grootte blokkies.

Stroop:
500 ml suiker
250 ml kookwater
45 ml kakaopoeier
15 ml botter of margarien
knippie sout

Verhit die suiker, kakao, botter en water tot dit begin borrel.
Gooi knippie sout by
Laat afkoel tot louwarm
Doop die vierkantige stukkies koek in die stroop, maak seker al die kante is goed bedek.
Rol in die klapper.

Comment (1)

  1. posted by Meisie on December 23, 2014

    Goeie resepte,julle is die beste

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!