Ys-Melkkoffie
2017-10-11- Course: Drankies
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.7 / 5)
7 People rated this recipe
Related Recipes:
Heerlike drankie vir koffie liefhebbers
380 ml baie sterk filter koffie, afgekoel (espresso is heerlik)
125 ml Kondensmelk
ysblokkies en fyn ys
So gemaak:
Vul 4 glase met ys en voeg die koffie by tot driekwart
Giet die kondensmelk in ‘n straaltjie stadig by (na smaak) maar so 125 ml per glas werk goed.
Top met bietjie fyn ys
Moenie roer nie, laat staan 2 minute dat die kondensmelk self afsak en bedien
Vir Pa en Ma kan jy maar ‘n sopie goeie whiskey bygooi vir ‘n lekker kinkel !
Geniet !