Wortelkoek

2009-08-11
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.5 / 5)

3.5 5 12
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

12 People rated this recipe

9,150
Related Recipes:
  • Bobaas Melktert met Smeerkors

  • Sjokolade Karamel Koek met Oemf !

  • Muesli Crunchies

  • Permantige Sjokoladekoek

  • Granadilla Pynappel Yskastert

 

500 ml bruismeel
2 groot piesangs
10ml bakpoeier
200ml sagte bruinsuiker
knippie sout
250ml grof gerasperde wortels
125ml pekanneute
2 groot eiers
150ml sonneblomolie
5ml kaneel
1ml neutmuskaat
125 ml melk of lemoen/pynapplel konsentraat

Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam. Kap neute, skil en verpulp piesangs. Roer pekanneute, piesangmoes, bruinsuiker en gerasperde geelwortel by meelmengsel. Maak ‘n holte in die middel en giet eiers en sonneblomolie, melk of konsentraat daarin.
Klop alles saam tot gemeng. Skep beslag in pan. Bak 45 minute tot ‘n uur tot gaar by 180ºC. Laat goed afkoel.

Roomkaasversiersel

60 g sagte botter
250 g versiersuiker, gesif
260 g roomkaas
1 e vars lemoensap

Meng die botter en suiker met ‘n houtlepel. Meng genoeg roomkaas by om dit smeerbaar te maak. Voeg lemoensap by. Versier die koek en garneer met lemoenskil. Hou in yskas.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!