WITSOUS
2006-10-22- Course: Sous en Marinades
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(3.8 / 5)
24 People rated this recipe
22,741Related Recipes:
30ml Botter of Margarine
30ml Koekmeelblom
1ml Sout
200ml Melk
´n Knippie Pepper
Smelt die botter in ´n kastrol oor lae hitte of oor kookwater.
Roer die koekmeelblom, gemeng met sout en pepper, geleidelik by die gesmellte botter tot dit glad is.(gebruik ´n houtlepel)
Voeg die melk drupsgewys be en roer deurentyd tot die sous dik en glad is.
VARIASIES VAN WIT SOUS
Dik witsous: Volg die resep vir witsous, maar gebruik 45ml botter en 45ml koekmeelblom
Dun witsous: Vplg die resep vir witsous en gebruik 310ml melk en 2,5ml sout.
Kaassous: Voeg 190ml gerasperde kaas by die basiese witsous en verhit tot die kaas gesmelt is.