Wilds Schnitzels met geglanseerde Appelkose

2011-04-13
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

1,172
Related Recipes:
  • Springbokboud in die oond

  • Toeka se Wildswors

  • Spitbraai – voorbereiding en marinades

  • Wildswors

  • Onfeilbare Wilds Biltong

Bestanddele:

2 wildsvleis steak snitte,  dun gesny
halwe kop koekmeel, gemeng met knoffesout en swart peper na smaak in die koekmeel in
3 Kop broodkrummels
2 eiers liggies geklits
1 eetl olie
1 eetlp botter


So gemaak:

1. Plaas jou steaks tussen 2 lae plastic wrap…… moker die vleisie goed met vleishammer… bottel met plat boom werk net so goed…
2. Doop nou vleis in die koekmeel mengsel, dan in die geklitse eier..
3. Plaas helfte van die broodkrummels bo op waspapier, sit nou gedoopte vleisie daarop,  gooi oorblywende krummels bo op vleis, druk
plat met palm van jou hand.
4. Plaas op bord , maak toe met cling wrap, laat staan in yskas vir 40 min..
5. Verhit jou swaarboom pan met die olie en botter
6. Braai die schnitzels vir + – 2 min aan albei kante.tot goudbruin.., dreineer op kombuispapier

Glanseerde Appelkose
2 hande vol ( goeie gehalte) gedroogde appelkose
1 kop water
1/2 kop bruinsuiker
1 tl gemaalde gemmer
lang reep suurlemoenskil
2 eetl suurlemoensap

1. Voeg al die appelkoos bestanddele in ‘n kastrol, bring tot kookpunt, laat dan prut vir 5 min op lae hitte
2. Verwyder die appelkose van die stroop
3. Plaas die stroop terug op die plaat, kook die stropie tot lekker taaierig.. plaas appelkose terug, laat eenkant,,
Pasop dit brand vinnig aan, dan is dit bitter..

Maak borde warm waarin jy gaan opskep, Plaas paar appelkose in die middel van die bord, skep die schnitzel bo op, plaas die res van die appelkose bo op, bedek met die appelkoos sous…

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!