Warmbrakkies met Whiskey Uie, Spek en Kaas

2013-06-27
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.7 / 5)

3.7 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

1,211
Related Recipes:
  • Ouma se Boerewors bredie met mieliepap

  • Tamatie en Boerewors Bredie

  • Worsrolpasteie

  • Boereworspasteitjies:

  • Pap en wors

Warmbrakkies opgedollie…. heelik..!!

Jy het nodig:
8 Worsies van jou keuse, gebraai (2 per rolletjie)
4 Broodrollejties
3 medium uie, dun ringe gesny,
4 tl botter
3 tl bruinsuiker
2 et vars gemaalde swartpeper
1/3 Kop whiskey
800g Spek, opgekap en lekker krakerig gebraai
sweet chilli sous
Lekker gerasperde gouda kaas

Nou so gemaak:
In ‘n lekker groot pan, smelt botter op medium hitte, braai uie liggies, voeg bruinsuiker by, braai liggies deur tot suiker gesmelt, plaas op lae hitte, laat staan vir so 2 min, tot mooi goud bruin gebraai, voeg whiskey by, swartpeper roer goed deur laat opborrel, en vloeistof amper weggekook. Verwyder van hitte.

Sny jou broodrolletjie, smeer met sweet chilli sous, plaas jou worsies bo-op, krummel jou spekkies eweredig oor worsies, ‘n lagie sweet chilli sous, gerasperde kaas, dan die karamel uie. Sprinkel nou genoeg kaas bo-op , sprinkel met vars gemaalde peper… Eet lekker warm..!!
.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!