Warm sjokolade
2014-11-05- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(5 / 5)
2 People rated this recipe
1,577Related Recipes:
2 k melk
1 k laevet melk
80 g blok donker sjokolade, gerasper
80 g blok gewone melksjokolade, gerasper
2 el bruinsuiker
1 tl vanieljegeursel
1 tl kitskoffiepoeier van goeie gehalte
kaneelstokkie
Só maak mens:
1. Verhit al die melk in ’n kastrol oor mediumhitte tot net voor dit begin kook.
2. Verwyder die kastrol van die hitte en voeg al die sjokolade by. Roer totdat die sjokolade gesmelt het.
3. Voeg die suiker, vanieljegeursel en koffiepoeier by en klits deeglik.
4. Verhit weer stadig tot warm en sit dadelik voor. Versier met ’n kaneelstokkie.