Vroutjie-lief Hoender

2014-02-15
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

1,717
Related Recipes:
  • Hoender “Strip-Sub”

  • Koffie-Cola Hoendervlerkies

  • Kerriehoender Frikkadelle

  • Blinkbek Goue Hoenderdye

  • Kerriemayo – Hoenderborsies

Jy het nodig:

2kg Hoender Stukke van jou keuse
750ml Blatjang
340ml Perske konfyt (fyn)
750ml Tamatiesous
250ml Coca-cola
15ml Hoender spesery
Sout en pepper na smaak

Kook hoender tot amper gaar,terwyl hoender kook,meng al die bestandele saam. Dit moet alles fyn wees. Meng alles sommer klaar in kastrol wat vir vuur sal gebruik word. As klaar gemeng is laat staan. Haal hoender uit, laat oortolige water afgiet, sit hoender in kastrol. Gooi van die sous bo oor. Sit op braaier, vuur moet warm wees, te warm vir vleis braai, laat “kook” hoender tot vuur reg is (om vleis te braai) haal hoender uit, sit op braaier, laat die hoender bietjie “braai”. Net so 5 minute aan elke kant, sit terug in kastrol en laat “kook” verder. As die vuur so te se koud is, is die hoender reg.

Bedien saam met n lekker slaai,(aartapel) en ‘n broodjie met roommielies en gesmelte kaas bo op.

Hierdie is nou ‘n lekker ete vir ‘n sondag middag kuier saam familie en vriende, somer so terwyl geswem en gekuier word.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!