Vinnige Coq-au-Vin in witwyn
2007-08-07Average Member Rating
(5 / 5)
2 People rated this recipe
983Related Recipes:
2 uie, fyn gekap
250 g sampioene, in die hefte gesny
2 hoenderboudjies
2 hoenderborsies, in die helfte gesny
60 g spekvleis
30 ml olie
250 ml witwyn
250 ml hoenderaftreksel
sout en peper
neutmuskaat
60 ml gekapte pietersielie
Braai die spek in die olie tot lekker “crisp” en verwyder. Braai die hoender in die olie en geur met sout en peper. Voeg die sampioene en die uie by en braai dit vir n rukkie. Meng die wyn en die aftreksel en gooi die helfte in die pan, voeg die spekvleis weer by. Plaas die deksel op en bak vir 35 minute lank in n voorverhitte oond van 190 C. Na 20 minute voeg die res van die wyn en aftreksel mengsel by en bak verder, onbedek.Indien nodig, geur met sout, peper en neutmuskaat en strooi die pietersielie oor.
Sit voor saam pasta, en groen slaaitjie