Vet Lamsrib Kerrie

2015-09-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.7 / 5)

4.7 5 13
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

13 People rated this recipe

1,743
Related Recipes:
  • Sondagmiddag Lamsboud

  • Staan Ribbetjie

  • Skaapnek en Groenboontjie bredie

  • Lamsvleis Breyani

  • Oondgebakte Skaapkop

1 kg vet lamsrib,  vra jou slagter om op te sny
125 ml kookolie
1 lourier blaar
1 kaneelstokkies
1 eetlepel asyn
2 groot uie, gekap
1/2 teelepels vas fyn gemmer
¼ teelepel borrie
4 eetlepels sterk kerrie poeier
4 aartappels, geskil en halfeer
2 tamaties, fyngekap
1 eetlepel appelkoos konfyt
sout na smaak
2 x 500 ml kookwater

 

Verhit olie in kastrol, voeg uie by,  braai vir ‘n paar minute tot uie sag is.
Voeg kerrie en gemmer , kaneelstokkie , lourierblaar , asyn en laaste borrie  by, roer vinnig deur
Voeg tamatie by bring tot kookpunt
Verlaag die hitte en voeg vleis by roerbraai tot liggies bruin. Gooi 500ml kookwater by,  sit die deksel op.
Laat prut oor matige hitte tot water verdamp het,
Voeg nog 500 ml kookwater by,sit aartappels in saam konfyt, sout na smaak
Bring tot kookpunt, en verlaag dan hitte. en kook stadig tot vleis en aartappels sag is

Bedien met witrys, roti’s, salsa en blatjang

 

Comments (2)

  1. posted by Deon van Staden on November 18, 2015

    Lekkerste
    kosresepte

  2. posted by Marie Olivier on February 24, 2016

    Deon

    My mond water al klaar. Jou resepte is die beste.

    Baie dankie
    Marie

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!