Verrassings Vis Pakkies

2017-01-21
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.8 / 5)

4.8 5 12
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

12 People rated this recipe

2,233
Related Recipes:
  • APPELKOOSBOTTER OONDGEGEBAKTE SNOEK

  • Snoek Koningskos oor die kole

  • Nog ‘n skeppie Tunatert

  • Oe-la-la Tuna

  • Suurlemoen en Botter Haddock – Pangebraai

Hierdie is trooskos vir die siel, ek eet die gereg sommer met ‘n eetlepel in een hand en broodjie in ander hand sodat ek al daai heerlike sousies kan opdep met brood
.

Genoeg vir 3 pakkies, pas aan vir meer vispakkies

3 groot Hake fillette – gevries
1 groot ryp tamatie
1 groot ui
peri peri speserye
gemengde droë kruie
Prego sous
Suuremoensap
Botter
gemaalde swart peper
sout na smaak
foelie

.
Voorverhit oond na 180 C

.

Skeur 3 x 30cm stukke foelie af vir elke vis, draai blinkkant na bo
Plaas vis fillet op foelie, velkant na onder
Bedek elke vis met paar dun snye tamatie, gevolg met paar skywe uie bo op tamaties
Sprinkel elke vis met 1 tl peri peri speserye
Sprinkel liggies met droë kruie
Stip elke vis met klontjies botter,
Gooi 3 el prego sous oor elke vis fillet
Geur met sout en gemaalde swart peper na smaak
Bedruip goed met suurlemoensap
Vou nou die foelie se lang punte op na mekaar toe en vou twee keer om , vou nou sykante op en vou bymekaar, seël vis pakkie mooi
Plaas in oondpan en bak by voorverhitte oond vir 40 min
Bedien dadelik, pasop vir brand as jy vispakkies oopvou en die stoom ontsnap

Bedien met lekker vars botter broodjies

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!