TUNATERT

2008-07-17
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

3,867
Related Recipes:
  • 2 Keer bak Souttert

  • Korslose Bully-Beef Souttert

  • Spinasie Quiche

  • Korslose sout tert

  • Spek en Sampioen Quiche

KORS

BESTANDDELE

125 gr margarine in blokkies
65 ml kookwater
250 ml bruismeel

METODE

Gooi kookwater oor margarine en roer tot sag. Voeg meel by en meng tot sagte deeg. Voer ‘n gesmeerde tertbord met deeg uit.

VULSEL

BESTANDDELE

1 blik tuna – gevlok
4 ml pietersielie
3 groen snoep uitjies (fyn gesny)
1 klein ui – gekap
15 ml Worcestersous
250 ml gerasperde Cheddar kaas
Sout en rooipeper na smaak
3 eiers (geklits)
3 ml kerriepoeier

Maak witsous van :

60 ml botter
60 ml meelblom
500 ml melk

METODE

Meng vulsel bestanddele met witsous. Gooi in kors. Strooi nog 5 ml pietersielie bo-oor. Bak teen 180º tot bruin bo-op vir ongeveer 45 minute.
Bedien as ligte ete saam met slaaie. Gebruik koud of warm

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!