Loader

Tuna A La King

2014-12-01
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.5 / 5)

3.5 5 8
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

8 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Pasta met Hoender en Sampioen Gebak

  • Macaroni-la-Vienna

  • Oe-la-la Tuna

  • Romerige Russian en Spinasie Pasta Gebak

  • Varkworsie frikkadelle met Spaghetti

 

2 Blikkies Tuna Chunks in olie
+ – 700ml melk
125 ml room
1 el opgehoopte koekmeel
2 el sampioensop poeier
2 k gevriese ertjies ~ half ontdooi
1 pakkie sampioene ~ skoongemaak en in skywe gesny
1 groot ui ~ fyn gekap
sout
witpeper
4 el botter

Dreineer die olie van die tuna in jou kastrol en verhit. Hou die tuna eenkant.
Gooi die uie  en sampioene by en braai tot tuna olie verdamp, gooi botter by en braai tot alles mooi bruin gebraai is. Voeg jou ertjies by met 100 ml melk, laat prut 5 minute
Gooi nou die tuna chunks by, moenie stukke opbreek nie
Sout en peper na smaak.
Gooi nou 500 ml melk by en bring stadig tot kookpunt
Maak ‘n pasta aan van die koekmeel en soppoeier met ‘n halwe koppie melk
Gooi by gereg sodra die melk kook.
Draai jou plaat op laag, roer versigtig, en prut vir 5 minute
Gooi room by en kook tot dik en romerig

Bedien saam met pasta of kapokaartappels

Recipe Type: Tags: , , , , , Ingredients: ,

Comment (1)

  1. posted by Fanie on January 1, 2015

    Baie lekker resepte, kan ek van die resepte aflaai?

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!